Gasvryheidstudies
Gasvryheidstudies is die studie van verskeie interafhanklike temas in die gasvryheidsindustrie, soos bv. Higiëne, voedselproduksie, voedsel-en drankbediening en kliëntediens.  Leerders sal leer hoe om ‘n verskeidenheid van disse voor te berei en te bedien, lokale vir funksies voor te berei, tafels vir verskillende spyskaarte te dek en die korrekte bedienings- en opruimingstegnieke te gebruik vir voedsel en drank.  Hoërskool Standerton beskik oor ‘n goed toegeruste kombuis en die restaurant waar praktiese klasse en eksamens van hoogstaande gehalte voorberei word.  Gasvryheidstudies leer leerders verskeie vaardighede wat hul dan  voorberei vir die kompeterende, maar bevredigende gasvryheidsindustrie. Minette Smith, oud leerling van SHS, is lid van die Culinary Team South Africa wat gedurende die 2016 IKA Culinary Olympics in Erfurt, Duitsland ‘n brons medalje verower het.  Sy het al by menigte Internasionale Restaurante gewerk en ook aan verkeie internasionale kompetisies deelgeneem as deel van die Suid- Afrikaanse Kulinêre Span bv. die Junior World Cup for Pastry Chefs in Italië 2011 waar hulle ook ‘n algehele 7de plek behaal het. Sy is tans Hoof van die Chocolate Academy in Johannesburg, asook Tegniese Adviseur vir Suid- & Oos-Afrika vir Barry Callebaut (vervaardiger van Belgiese Sjokolade wêreldwyd).
Kliek hieronder om die ‘inside secret’ te kry van beroemde Team SA Chef Minette Smith!
Bakgat Kultuur Sport Akademie Admin About Us Akademie Huis Dagbreek