Koshuisreëls / Hostel Rules
Die koshuis vorm die hartklop van ons skool! Elke student kry sy / haar eie dubbelkamer en kan dit inrig soos hy / sy dit verkies. Elke aand is daar 2 vaste studietye onder toesig van koshuispersoneel. Dissipline in die koshuis en tafelmaniere by die eetsaal word hoog aangeslaan. Huis Dagbreek voorsien aan leerlinge 3 goeie maaltye per dag met ‘n uitstekende uitgewerkte spyskaart wat aan alle studente se behoeftes voldoen. Huis Dagbreek is op skoolgronde geleë om dit makliker te maak vir die leerling wat aan baie aktiwiteite deelneem of te ver bly. Huis Dagbreek maak ook vir studente voorsiening om aan sosiale aangeleenthede deel te neem soos:  Braai Sokkies Speletjies speel Hier is ons almal EEN GROOT FAMILIE! DAGSTUDENTE: Dagstudente deel kamers. Middagete is ingesluit in die prys. Dagstudente mag oorslaap tydens sosiale aangeleenthede wat Huis Dagbreek aanbied om hul deel van koshuis te maak.
English
Afrikaans
Bakgat Kultuur Sport Akademie Admin About Us Akademie Huis Dagbreek