SHS se jarelange tradisie van puik atletiek prestasies leef voort. Atletiek is ‘n individuele sport, waar ‘n
atleet teen homself en ander atlete meeding en daarom is dit vir ons belangrik dat soveel as moontlik
leerders hieraan moet deelneem.
Gedurende die atletiekseisoen neem ons aan verskeie vriendskaplike byeenkomste deel. Ons neem aan die
Hoëveld Uitnodigingsbyeenkoms (Interhoër) asook die PUK-Interhoër deel. Die atlete word die geleentheid
gegun om aan die Standerton Area-byeenkoms, Gert Sibande Streeksbyeenkoms asook die Mpumalanga
Kampioenskappe deel te neem waar hulle gekies kan word om deel uit te maak van die Nasionale Skool
Kampioenskappe en die ASA Jeug en Junior Kampioenskappe.
Top 10 atlete (seuns en meisies) kry die geleentheid om in die 4de kwartaal aan ‘n
jaarlikse Top 10 byeenkoms te Bloemfontein (Clover-Atletiekbyeenkoms) deel te neem.
SHS het al verskeie atletieksterre op nasionale vlak opgelewer.
SA Skole wenners:
2004 – Alec Terblanche in Driesprong
2004 - Jacques Laubscher in Verspring.
2013 – Nelis Janse van Rensburg in 100m
2014 – Marichelle Nortjé in Verspring
2015 – Danél du Plessis in 800m
Atlete verkies tot SA Junior Skolespan :
2000 – Elsjé Human
2000 – Zanli Blom na Australië
2013 - Nelis Janse van Rensburg na World Youth Champs in Okraine