SHS bied die volgende geleenthede vir leerders op die gebied van OPENBARE REDEVOERING:
•
ATKV-Redenaars
•
Interhoër-Redenaars
•
Radikale Redenaars
ATKV-Redenaars
SHS skryf jaarliks junior- en seniorspanne (voorbereid en onvoorbereid) op Huistaalvlak in. Op Addisionele
Taalvlak skryf ons ‘n seniorspan in. Die spanne word saamgestel nadat ons ‘n interne voorbereide en
onvoorbereide kompetisie in Graadverband hou.
Interhoër-Redenaars
SHS neem ook jaarliks deel aan die Interhoër Redenaars wat plaasvind by die skool wat die Interhoër
Atletiek organiseer. Die kompetisie vind plaas tussen al die Interhoër Atletiekskole van die Gert Sibande
streek. Die span bestaan uit 2 snr. en 2 jnr. sprekers.
Radikale Redenaars
SHS bied leerlinge ook die geleentheid om aan die Radikale Redenaars deel te neem. Alhoewel die
kompetisie nie ‘n skoolgeorganiseerde kompetisie is nie, word al die inligting en uitdunne ens. deur die
skool gekoördineer.
Spesiale Prestasies
SHS het in die ATKV-Redenaarskompetisie reeds 2 SA-Wenners by name Estel Terblanche(2005) en
Amanda Tlou (2016) opgelewer en 1 Naaswenner – Muller Boshoff (2011)
In 2015 was 2 van ons leerders deur na die ATKV-finaal – Riekie Wolmarans en Stephan Lacock. In 2016
was 3 van ons leerders (Carlie Stroebel, Philip Cronje en Amanda Tlou) deur na die ATKV-finaal – wat
vir ‘n plattelandse skool ook ‘n groot prestasie is.
SHS het ook al Radikale Redenaars - landswye wenners (Carlie Stroebel, Stephan Lacock) opgelewer.