Landbou
Die vak Landboutegnologie fokus op tegnologie wat in die landbou gebruik word. Die vak dek die kennis hoe prosesse, gereedskap, toerusting, strukture en vaardighede deur boere benut word, om landbougrond te bewerk en voedsel en produkte te produseer deur van verskeie produksieprosesse, en die handhawing en onderhouding van kwaliteit lewenstandaarde, en die uitbouing van ekonomiese en estetiese en goeie kulturele waardes gebruik te maak. Spesifieke doelwitte Die vak Landboutegnologie verskaf aan die leerders die kennis en vaardighede wat relevant is tot die landbou en boerdery- omgewing. Oorsig Landboutegnologie bied aan leerders die geleentheid om die tegnologiese prosesse toe te pas in die ontwerp en maak van praktiese projekte, herstelwerk, instandhouding van toerusting, ontwerp en bou van strukture in die landbousektor. Die volgende basiese konsepte is van toepassing op Landboutegnologie: • Identifisering en oplossing van probleme met behulp van die tegnologiese prosesse en relevante wetenskaplike beginsels; • Veiligheidsreëls en regulasies van toepassing op die landbou-omgewing, volgens die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (BGV) wet, 1993 (wet 85 van 1993) , noodhulp en mediese noodgevalle, insluitend miv en vigsbewustheid; • Basiese operasionele kennis en korrekte gebruik van landbou-gereedskap, toerusting en masjinerie wat gebruik word in produksie en verwerking van voedsel en vesel; • Effektiewe kommunikasie tegnieke soos verbale, geskrewe en visuele kommunikasie; • Doeltreffende gebruik van rekenaartegnologie om inligting te bekom, te versamel en toe te pas; • Konstruksie, oprigting en die onderhoud van landbou geboue en strukture; • Instandhouding en herstel van die plaasimplemente en masjinerie; • Energie-beginsels en die toepassing daarvan in die landbou; • Beplanning, konstruksie en instandhouding van dierehanteringsfasiliteite wat nodig is vir effektiewe diereproduksie; • Veilige en doeltreffende gebruik van landboutoerusting wat in gewasproduksie, tuinbou, boorde, wingerde, voergewasse en bosbou gebruik word; • Beplanning, ontwerp en instandhouding van makro- en mikrobesproeiing en hidroponika-stelsels; kalibrasies en berekeninge in die landbou-opset.
Bakgat Kultuur Sport Akademie Admin About Us Akademie Huis Dagbreek