Netbal is die sportsoort waarin ons dogters hulle uitleef in ‘n vinnige en opwindende spel.
Ons netbalspanne neem deel aan die NWU-Interprovinsiale Sportreeks, sowel as die Mpumalanga liga waar
die A-spanne in die Mediumskole liga ingeskryf is en die B-spanne almal in die B-liga. Netbalspelers het
ook die geleentheid om hulle provinsiale kleure te verwerf, waar hulle aan die NSA All Ages Netbal
Kampioenskappe deelneem. Elke afrigter spandeer 3 middae ‘n week aan sy/haar span. Ons is baie trots
op ons SHS netbalspelers en weet hulle maak ons altyd trots.