Die doel van die Revue is om vir leerlinge geleentheid te bied om hul dans en sangtalente ook te kan uitleef.  Die voorbereiding vir Hoërskool Standerton se Revue 2017 het al voeg in die jaar begin. Een van die hoogtepunte was die stemopnames wat op 19 April 2017 plaasgevind het. Daar was 115 leerlinge wat opgetree het, waarvan 17 leerlinge in die sanggroep was. Drie vertonings het plaasgevind vanaf 9 tot 11 Mei 2017 in die skoolsaal. Die laaste vertoning was in die vorm van ‘n gala-aand waar gaste met heerlike verversings getrakteer was terwyl hul geselllig die vertoning geniet het. Die tema was “Dance Celebration” – ‘n fees van musiek- en dans hoogtepunte van die afgelope eeu.
KLEEDREPETISIE        
STEMOPNAMES
Bakgat Kultuur Sport Akademie Admin About Us Akademie Huis Dagbreek