Ons #bakgat koshuis kinders het, ten spyte van die inperking, die beste van elke dag gemaak!
Met hulle flinkdink inisiatiewe het hulle ons koshuis lewendig gehou en die unieke Huis Dagbreek atmosfeer nie deur hul vingers laat glip nie!

Thank you to every hostel learner that worked together to create this sneak peek into your daily lives! We are proud to mention that the footage was taken and edited by our own talented hostel learners! Thank you to every hostel staff member that ensures that Huis Dagbreek stays our home away from home, even during a global pandemic!

Dis ‘n fees om in Huis Dagbreek te wees!
You are all truly #bakgat!

Die koshuis vorm die hartklop van ons skool!

Elke student kry sy / haar eie dubbelkamer en kan dit inrig soos hy / sy dit verkies.

Elke aand is daar 2 vaste studietye onder toesig van koshuispersoneel.  Dissipline in die koshuis en tafelmaniere by die eetsaal word hoog aangeslaan.

Huis Dagbreek voorsien aan leerlinge 3 goeie maaltye per dag met ‘n uitstekende uitgewerkte spyskaart wat aan alle studente se behoeftes voldoen.

Huis Dagbreek is op skoolgronde geleë om dit makliker te maak vir die leerling wat aan baie aktiwiteite deelneem of te ver bly.

Huis Dagbreek maak ook vir studente voorsiening om aan sosiale aangeleenthede deel te neem soos:

  • Braai
  • Sokkies
  • Speletjies speel

Hier is ons almal EEN GROOT FAMILIE!

DAGSTUDENTE:

  • Dagstudente deel kamers.
  • Middagete is ingesluit in die prys.
  • Dagstudente mag oorslaap tydens sosiale aangeleenthede wat Huis Dagbreek aanbied om

hul deel van koshuis te maak.

Kliek hier vir die koshuis koste

Koshuis Koste

Koshuis Reëls (Afr)

Hostel Rules (Eng)