Redenaars

SHS bied die volgende geleenthede vir leerders op die gebied van OPENBARE REDEVOERING:

  • ATKV-Redenaars
  • Interhoër-Redenaars
  • Radikale Redenaars

 

ATKV-Redenaars

SHS skryf jaarliks  junior- en seniorspanne (voorbereid en onvoorbereid) op Huistaalvlak in.

Op AddisioneleTaalvlak skryf ons ‘n seniorspan in. Die spanne word saamgestel nadat ons ‘n interne voorbereide en onvoorbereide kompetisie in Graadverband hou.

 

Interhoër-Redenaars

SHS neem ook jaarliks deel aan die Interhoër Redenaars wat plaasvind by die skool wat die Interhoër Atletiek organiseer.  Die kompetisie vind plaas tussen al die Interhoër Atletiekskole van die Gert Sibande streek. Die span bestaan uit 2 snr. en 2 jnr. sprekers.

 

Radikale Redenaars

SHS bied leerlinge ook die geleentheid om aan die Radikale Redenaars deel te neem.  Alhoewel die kompetisie nie ‘n skoolgeorganiseerde kompetisie is nie, word al die inligting en uitdunne ens. deur die skool gekoördineer. 

 

Spesiale Prestasies

SHS het in die ATKV-Redenaarskompetisie reeds 2 SA-Wenners by name Estel Terblanche(2005) en Amanda Tlou (2016) opgelewer en 1 Naaswenner – Muller Boshoff (2011)

In 2015 was 2 van ons leerders deur na die ATKV-finaal – Riekie Wolmarans en Stephan Lacock.

In 2016 was 3 van ons leerders (Carlie Stroebel, Philip Cronje en Amanda Tlou) deur na die ATKV-finaal – wat vir ‘n plattelandse skool ook ‘n groot prestasie is.

SHS het ook al Radikale Redenaars – landswye wenners  (Carlie Stroebel, Stephan Lacock) opgelewer.