Netbal

Netbal is die sportsoort waarin ons dogters hulle uitleef in ‘n vinnige en opwindende spel.  

Ons  netbalspanne neem deel aan die NWU-Interprovinsiale Sportreeks, sowel as die Mpumalanga liga waar die A-spanne in die Mediumskole liga ingeskryf is en die B-spanne almal in die B-liga.  

Netbalspelers het ook die geleentheid om hulle provinsiale kleure te verwerf, waar hulle aan die NSA All Ages Netbal Kampioenskappe deelneem. Elke afrigter spandeer 3 middae ‘n week aan sy/haar span.  

Ons is baie trots op ons SHS netbalspelers en weet hulle maak ons altyd trots.