Atletiek

SHS se jarelange tradisie van puik atletiek prestasies leef voort. Atletiek is ‘n individuele sport, waar ‘n atleet teen homself en ander atlete meeding en daarom is dit vir ons belangrik dat soveel as moontlik leerders hieraan moet deelneem. 

Gedurende die atletiekseisoen neem ons aan verskeie vriendskaplike byeenkomste deel. Ons neem aan die Hoëveld Uitnodigingsbyeenkoms (Interhoër) asook die PUK-Interhoër deel. 

Die atlete word die geleentheid gegun om aan die Standerton Area-byeenkoms, Gert Sibande Streeksbyeenkoms asook die Mpumalanga Kampioenskappe deel te neem waar hulle gekies kan word om deel uit te maak van die Nasionale Skool Kampioenskappe en die ASA Jeug en Junior Kampioenskappe. 

Top 10 atlete (seuns en meisies) kry die geleentheid om in die 4de kwartaal aan ‘n jaarlikse Top 10 byeenkoms te Bloemfontein (Clover-Atletiekbyeenkoms) deel te neem. 

SHS het al verskeie atletieksterre op nasionale vlak opgelewer.

SA Skole wenners: 

2004 – Alec Terblanche in Driesprong 

2004 – Jacques Laubscher in Verspring.

2013 – Nelis Janse van Rensburg in 100m

2014 – Marichelle Nortjé in Verspring

2015 – Danél du Plessis in 800m

Atlete verkies tot SA Junior Skolespan : 

2000 – Elsjé Human 

2000 – Zanli Blom na Australië

2013 – Nelis Janse van Rensburg na World Youth Champs in Okraine